|
Oudtshoorn, 02 April 2010
Dit het nou al ‘n jaarlikse gebruik geword dat die Jeuggroep van St. Niklaas in Bridgton, Oudtshoorn, jaarliks op Goeie Vrydag die Kruisweg uitbeeld op die gronde van die Oratorium en die Scrosoppi Sorgsentrum.
Vr. Dennis Ongansie C.O., en Sr. Adelaide Amegah SdP, was aan die stuur van vanjaar se Kruisweg wat op ontroerende wyse deur die jongmense uitgebeeld is.
|